Klop

Song

Klop

Bernice West · Net Geleen · 2020 · 3:21

Lyrics

As jy stil word en luister hoe my hart 'n Resies hardloop teen joune En jou vingers verdwaal tussen die sterrestelsels van my lyf Kan ek my hand in jou sak druk en dalk 'n Paadjie saam jou aanknoop? Want die mat op die vloer raak warm as jy jouself daaroor uitstrooi En jy my binne nooi Klop klop klop klop Hier aan my deur O o o en vat wat jou hart begeer Want ons liefde het geen perke nie ek kan verdrink in dit wat jy my laat voel Sal jy stywer bly langer lê ek wil jou diepste vrees leer ken Want die stories op jou borskas laat my weer voel soos toe ek 'n kind was Ek soek jou by my ek wil jou hande stil verlei Tussendeur die paadjies van my rug verken jou vingers 'n liefdesklug Wat ons altwee weer laat glo Soos kinders en die tandmuis dan gaan bou ons maar weer 'n lighuis Met die sterre bo ons kop ek sal my asem in jou verstop Klop klop klop klop Hier aan my deur O o o en vat wat jou hart begeer (Wat jou hart begeer) Want ons liefde het geen perke nie ek kan verdrink in dit wat jy my laat voel Klop klop klop klop Hier aan my deur O o o en vat wat jou hart begeer (Wat jou hart begeer) Want ons liefde het geen perke nie ek kan verdrink in dit wat jy my laat voel Klop klop klop klop Hier aan my deur

Lyrics provided by LRCLIB.

Popular by Bernice West